Dankie vir 2025 se avonture en bederf.
Hierdie 'post' is om vir Pieter dankie te sê vir sy inisiatief en bydrae om 2025 'n besonderse jaar van goeie herinneringe te maak. As ek terugkyk na 2025 is dit wat ek sien: Avonture en goeie tye, vreugde en aangename tye, min moeilike en onaangename tye. Baie om voor dankbaar te wees min om oor ongelukkig te wees. Geseënd. Kersfees 2024 in die Kaap. Pieter sê: “Die jaar moet ons dinge doen, Pa word 70.” Min het ek geweet wat sou kom, daar is so baie goeie herinneringe. Baie dankie aan almal wat deel was van die gebeure. Kaapzicht wynproe April - Victoria valle en Taita Falcon Lodge Die 70ste vieringe begin al in April. Helikopter vlug oor die Victoria valle Boot safari op die Zambezi. Die African Queen in die captains cabin. The Royal Livingstone. Hengel in die Zambezi. Junie - jag by Pypsteel berg Junie - Kruger wildtuin September - Impalila eiland visvang. Die eerste vis is kleiner as die aas. Ons het 30 ure op die water deurgebring en het elk ne...